DWELMS WORD ‘N PANDEMIE

Die jeug word daagliks deur geldhonger dwelmhandelaars geteiken. Substansmisbruik word ‘n daaglikse negatiewe realiteit in skole, die werksplek en gemeenskappe. U eie gemeenskap gaan moontlik op die oomblik gebuk onder die aanslag van gewetenlose dwelmhandelaars. 12 years but cases have been reported of children that are addicted that are even younger.

 

Die toekoms van ons jeug word nie net verwoes nie, maar dit het ook ʼn vernietigende uitwerking op gesinsverbande en gemeenskappe. Heroïn word toenemend meer die primêre substans van keuse onder die jeug en ooglopend meer jong mense word by rehabilitasiesentrums vir heroinafhanklikheid behandel. Skoliere het toegang tot die meeste (wettig & onwettige) substanse. Die jongste gemiddelde ouderdom van afhanklikheid word gereken op twaalfjaar. Selfs jonger gevalle is al aangemeld.

 

In groot stede sukkel handelaars om substanse te verkoop aangesien die mark oorvol is (aanbod en aanvraag). Aangesien dwelmhandelaars in groot sentra sukkel om dwelms van die hand te sit, word landelike gebiede soos Pretoria Moot en Noordwesprovinsie geteiken.

 

Hierdie handelaars is gewetenloos en voel niks vir enige vorm van lewe nie. Die dwelmslaaf is bloot ‘n bron van inkomste wat enige iets sal doen om geld te bekom om dwelms te kan koop. Dink maar net aan die misdaadprobleem en ‘n mens begin wonder hoeveel kapings, selfoondiefstalle en inbrake verband hou met die behoefte om dwelmverslawing te onderhou? Ouers en naasbestaandes word ook besteel en eindig meestal met geen besittings of spaargeld vir hul aftrede nie. Die dwelmpandemie is aan die toeneem in Suid-Afrika en al hoe meer gesinne en gemeenskappe word vernietig.Die enigste persone wat munt slaan uit die pandemie is die dwelmhandelaars en begrafnisondernemers.

 

Vir navrae skakel Jacques H. Botes by 083 892 4200 / sigmund@neomail.co.za of besoek www.jacquesbotes.co.za

 

For the English version please Click Here

Categories:
Comment function is not open